Biologiese verspreiding

Windverspreiding van perdeblom sade.

Biologiese verspreiding is die studie van die verspreiding van organismes oor die aarde. By plante vind hierdie verspreiding hoofsaaklik plaas deur middel van sade of spore en by diere meestal deur jong diere of deur spesiale fases. Die verspreiding kan aktief of passief wees en die mens is vandag ook 'n belangrike faktor in die verspreiding van organismes.

Die voortdurende verspreiding van organismes na nuwe gebiede was nog altyd 'n belangrike deel van die evolusieproses. Op die manier kom manlike en vroulike organismes met verskillende gene bymekaar en word nuwe gebiede voortdurend bevolk. Deur klimaatsveranderings, suksessie, ensovoorts, verander habitatte gedurig sodat hulle vir sekere organismes geskik maar vir ander organismes ongeskik raak.

Verspreiding voorkom dat organismes sodoende uitsterf in habitatte wat ongeskik raak. Diere verplaas hulle meestal aktief van een plek na 'n ander, maar plante word meestal passief deur middel van sade of spore versprei. Ook mikroörganismes word meestal passief versprei.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search